2009-05-16

Die unieke Afrikaanse "Fok"

Aan almal wat in verre, vreemde lande sit en smag na Afrikaans, en vir
almal by die "huis" Geniet dit! Die pennevrug van prof. Johan Combrinck,
voormalige Voorsitter van die Taalkommissie van die S.A. Akademie vir
Wetenskap en Kuns:

DIE UNIEKE AFRIKAANSE "FOK"

Een van die interessantste, kleurvolste woorde in Afrikaans, is die
leenwoord fok en sy familie. Dis 'n towerwoord wat, bloot deur sy klank,
vreugde of pyn, liefde of haat, ontdekking of frustrasie kan weergee.
Fok is een van die min woorde wat die funksie van byna alle woordsoorte
kan vervul.
Dit word as oorganklike werkwoord gebruik (Fok die hele spul), en as
onoorganklike werkwoord (Ag fok), as bevel (Fok dit!), in die bedrywende
vorm (Dit het my gefok), sowel as die lydende vorm (Nou is jy heeltemal
gefok), as die hoofelement in 'n hele reeks skeibare werkwoorde
(aanfok,opfok, uitfok, toefok, voortfok, byfok, agteroorfok,
agternafok), ens of as stam van 'n werkwoord (Nou het jy die hele ding
befok).
As abstrakte selfstandige naamwoord (Ek gee nie 'n fok om nie), of as
persoonsnaam (Het jy gesien wat die fokker probeer doen?), as nabepaling
by 'n vraagwoord (Hoe de fok, wie de fok, hoekom de fok, wanneer de
fok,ens.), as byvoeglike naamwoord (Waar moet ek die fokken tyd
vandaankry?), as bywoord (Dis nou 'n fokken mooi grap), en as uitroep (O
fok!).
Selfs ook as invoegsel (Onge-fokken-looflik). Dit kan ook in homself
ingevoeg word (Nou is jy be-fokken-fok).
Hierdie Afrikaanse woord kan gebruik word om wyd uiteenlopende situasies
te beskryf:
Verrassing: Hoe de fok gaan dit met jou?
Bedrog: Die motorhawe het my befok.
Ontsteltenis: Ag fokkit!
Moeilikheid: Nou is ek in my moer in gefok.
Aggressie: Fok jou!
Meer Aggressie: Ek gaan jou opfok!
Moedeloosheid: Hoe de fok moet ek dit regkry?
Walging: Fok my!
Plesier: Fok my nog!
Wanbegrip: Ek fokken verstaan nie.
Inkompetensie: Hy fok alles op.
Gesag: Wat de fok dink jy doen jy?
Verdwaal: Nou weet ek not 'n fok waar ek is nie.
Oortuiging: Onge-fokken-twyfeld.
Dit kan horlosietyd beskryf (Presies half-fokken-vyf), of omstandighede
(Hoe het ek in hierdie fokken job beland?), of persone (Jan Fokken
Smuts), of dinge (Kyk hoe lyk jou fokken skoene!), of plekke (Tot in
fokken Durban ), of dit kan die siel van 'n uitnodiging wees wat van
hartlikheid drup (Fok u!).
Fok is in Afrikaans onge-fokken-ewenaard!

0 comments:

© 2006 onwards The HMVH Corporation BBS Online.
Any part of the content or the blog may be reproduced without prior written permission... ons gee nie 'n fok om nie!