2009-08-08

Brief aan sielkundige

AS JY OOIT GEDINK HET JOU LEWE IS COMPLICATED, DINK WEER...

Liewe Dokter : Help Asb !!!!

My pa en ek woon saam en ons het 'n radio en 'n TV. Hy is 'n wewenaar
en ek is ongetroud. Onder ons woon 'n weduwee en haar dogter, albei
baie mooi en sonder 'n radio of TV. Hulle kom kuier gereeld by ons en
ek raak toe verlief op die weduwee. Ons trou toe uiteindelik.

 Intussen raak my pa verlief op die dogter en hulle trou toe ook.
Net daar begin my probleme. Omdat my pa met die dogter van my vrou
getroud is, (ook my dogter), is my dogter nou my ma. Ek is ook
terselfdertyd haar pa, omdat ek met haar ma getroud is. Verder is my
pa my vrou se skoonseun en ek is dus sy skoonpa omdat ek met die ma
van sy vrou getroud is.

Toe kry my vrou 'n seuntjie. Dit is ook my seun en die broer van my
skoondogter, omdat sy die dogter van my vrou is. Die seuntjie is ook
ek en my pa se swaer. Ek is dus my eie seun se neef en ook die neef
van my skoondogter, omdat sy my seun se suster is. Daarom is my
skoonma ook my tannie.

Toe kry my pa se vrou ook 'n seuntjie en hy word dus my broer. My seun
is oom van my kleinkind, omdat hy die broer van my dogter is. My vrou
is sy ouma grootjie, want sy is die kind van haar dogter. Ek is dus sy
oupa grootjie. Aangesien die oupa grootjie van my broer ook myne is,
is ek dus my eie oupa grootjie!

 Dokter moet asb help, wie is ek nou eintlik ?
Groete Gert

0 comments:

© 2006 onwards The HMVH Corporation BBS Online.
Any part of the content or the blog may be reproduced without prior written permission... ons gee nie 'n fok om nie!