2009-08-19

Nataniel se lewensreels

- Wees dankbaar vir wat jy het.
- Wees lief vir jou gesin en familie.
- Moenie toelaat dat jou brein muf nie!
- Moenie op loop gaan met skuldgevoelens nie. Sort die kak uit.
- Lewe terwyl jy nog lewe het.
- Geniet die eenvoudige dinge. Die "image goed" is 'n pot snot
- Eet wat jy wil - fok "diet". As jy gewig moet verloor vreet minder en
kak meer.
- Vermy bedompige gyms wat stink na Juppy aftershave en duur walglike
soet parfuum (om die sweet ruik te verbloem), waar perverts, saadsokkies
en hooterneuse in snaakse "futuristic outfits" uithang en soos hamsters
gemonteerde fietse sit en trap. Jy hoef niemand te "impress" nie. (Fok
die "ek gaan gym toe " sê-ding). As jy moet oefening kry, ry 'n gewone
fiets, gaan stap langs die see of in die veld - doen iets in die
buitelug. Moet net nie in die strate op en af draf nie, dis "common".
- As jy hou van 'n "no- brand" T-Shirt, kledingstuk of wat ook al, koop
die ding en fok die name goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie –
solank jy gemaklik is daarmee. Stront met dié wat dink hulle is beter as
ander en gedurig lyk of hulle kak ruik omdat jy nie by hulle siek
plastic" wêreld wil inpas nie.
- Wees windgat oor jou huis, dit behoort aan jou, die bank se moer.
- Wees windgat oor jou kar hy's klaar betaal en fok dié wat in moerse
karre ry en nie kan bekostig om ordentlik te braai nie.
- Lag dikwels, lag lank en lekker.

1 comments:

Anonymous 14:20  

Hoor Hoor!
Wens ek kon saam jou braai Nataniel, dit sal 'n belewenis wees!
Fleur

© 2006 onwards The HMVH Corporation BBS Online.
Any part of the content or the blog may be reproduced without prior written permission... ons gee nie 'n fok om nie!