2009-11-01

'n Stukkie ekonomiese insig....

Dis Augustus in 'n dorpie aan die kus van die Swart See.  Dit reen en
die dorpie lyk verlate.  Dit is 'n moeilike tyd, almal is in die skuld
en leef op krediet.  Skielik daag daar 'n ryk toeris op.  Hy stap die
enigste hotel binne en sit 'n 100 Euro-noot op die ontvangstoonbank
neer.  Hy gaan met die trappe op om 'n kamer te gaan kies.

Die hotelbaas vat die 100 Euro-noot en haas hom na die slagter om sy
skuld te gaan betaal.  Die slagter neem die noot en gaan betaal sy
skuld by die varkboer.  Die boer haas hom om met dieselfde noot sy
skuld by sy verskaffer te vereffen.  Diè hardloop gou en maak sy
rekening skoon by die dorp se prostituut, wat in die moeilike tye
selfs haar dienste op krediet aanbied.  Die vrou van die nag haas haar
om haar rekening by die hotelbaas te betaal, waar sy gewoonlik 'n
kamer huur om haar werk te doen

Die hotelbaas vat die 100 Euro-noot en plaas dit terug op die
toonbank.  Net toe kom die ryk toeris terug, neem die noot omdat hy
nie met een van die kamers tevrede is nie, en verlaat die dorp.

Niemand het enigiets verdien nie, maar die hele dorp is nou sonder skuld...

0 comments:

© 2006 onwards The HMVH Corporation BBS Online.
Any part of the content or the blog may be reproduced without prior written permission... ons gee nie 'n fok om nie!