2008-11-12

Onderbroekies

HALLO MA!!!

Baie dankies vir die oulike onderbroekies wat Ma vir my op die plaas uit
meelsakkies gemaak het. Die meeste van hulle het groot reaksie by die
"Gooste" hier by die varsity uitgelok.
Sannie het my onderbroekie heel aand net stip gesit en bekyk dis nou
daai een waar voorop staan "SELF-RAISING". Heel aand nie 'n oog verroer
nie. Sy het lateraand net gesê "Dit werkie !" Wat nie werkie, weet ek
nou noggie.
Maar Magriet het haar nou die aand geniet toe ek die een aangehad het
waar voorop staan " ROL DUN UIT" . Sy is 'n handvol en was nogal
plesierig. Maar jislaaik is sy nogal rats met daai ou klein handjies van
haar.
Al bogger-op wat ek nou nog nie kan verstaan nie, is die klap wat Berta
my gegee het gisteraand. Sy verstaan seker nie watse moeite dit is om so
'n plaasonderbroek te maak nie. Ek het net 'n uur gekuier en toe ek met
my ander onderbroek wou spog, haak sy af en klap my van die bed af. Ma
weet mos dis daai een waar in rooi staan "IDEAAL VIR VETKOEKE"
Weet nou nog nie wat haar storie was nie, sal hom maar eers bêre !
Any-way, Ma ,laat dit lekker gaan op die plaas !!
Van ou Pietie
xxxxx

0 comments:

© 2006 onwards The HMVH Corporation BBS Online.
Any part of the content or the blog may be reproduced without prior written permission... ons gee nie 'n fok om nie!