2009-01-22

Ouer vroue

Ek kyk my vrou op 'n dag so en sê: "Liefie, toe ons 30 jaar gelede
getroud is, het ons 'n goedkoop woonstel en 'n goedkoop kar gehad. Ons
het op 'n sofabed geslaap en na 'n swart en wit TV stel gekyk. Maar ek
het elke aand by 'n vuurwarm blondine in die kooi geklim. Nou het ons
'n mooi huis, 'n mooi kar en 'n plasma TV skerm. Maar ek slaap elke
aand by 'n vrou van 55 en ek dink nie jy is besig om jou kant te bring
nie."
My vrou is rerig 'n baie redelike mens. Sy sê toe ek moet gaan en vir
my 'n warmbloedige 25-jarige blondine soek. Dan sal sy, wat my vrou is,
seker maak dat ek weer in 'n goedkoop woonstel bly, in 'n goedkoop tjor
ry, op 'n sofabed slaap en na 'n klein swart en wit TV kyk.
Ouer vroue is briljant.
Hulle weet presies hoe om jou middeljare krisis op te los.

0 comments:

© 2006 onwards The HMVH Corporation BBS Online.
Any part of the content or the blog may be reproduced without prior written permission... ons gee nie 'n fok om nie!