2009-06-27

Kaapse humeur

Gamat sit in sy garage waar hy die laaste goed moet ontruim en bepeins sy lot.
Hy't sy huis verloor, sy werk verloor en sy vrou het die kinders gevat
en hom geskei.
Hy sien 'n kas met wynbottels en loop soontoe.
Hy vat 'n lee bottel, smyt dit teen die muur en skel: 'Djy issie
reason lat ekkie 'n vrou hettie!'
Hy vat 'n tweede bottel: 'Djy issie reason lat ekkie kinners hettie!'
Derde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n job hettie!'
Vierde bottel: 'Djy issie reason lat ekkie 'n huis hettie!'
Hy vat die vyfde bottel en sien dis nog nie oopgemaak nie - vol wyn.
Hy sit die bottel saggies neer en sê: 'Staan djy eers eenkant toe, my
broe. Ek sien djy wassie involved nie' .

0 comments:

© 2006 onwards The HMVH Corporation BBS Online.
Any part of the content or the blog may be reproduced without prior written permission... ons gee nie 'n fok om nie!