2009-08-12

Oefen program

Vir die wat al vantevore gesukkel het om te begin met n oefen program!

Vir my 37ste verjaarsdag het my dierbare vriend, Werner, vir my 'n week
by Virgin Active gekoop… met 'n persoonlike afrigter.
Alhoewel ek nog n redelike goeie lyf het,van al die jare se swem vir die
Universiteit span… 18 jaar gelede, het ek besluit dit mag 'n goeie idée
wees om te gaan.
Ek het die gym gekontak en 'n afspraak gemaak met my persoonlike
afrigter, Steve. Hy het my vertel hy is 26 jaar oud, 'n spinning
instructor en n underwear-model.
Werner was baie beindruk met my entoesiasme om te begin oefen! Die gym
het my aangemoedig om 'n dagboek te hou van my vordering:
*MAANDAG*:
My dag begin 06h00. Baie moeilik om so vroeg op te staan, was beslis die
moeite werd toe ek by die gym aankom en Steve sien wag vir my.
Hy is n Griekse God met blonde hare, smeulende oe, 'n gespierde lyf en
die mooiste glimlag wat ek nog gesien het!!
Woo Hoo……!!
Hy het my hartklop gemonitor na 5 minute op die treadmill. Was bekommerd
oor my vinnige hartklop, ek het hom gerus gestel en verduidelik die rede
daarvoor was omdat hy langs my gestaan het in sy stywe oefen klere. Hy
het my aangemoedig terwyl ek sit-ups gedoen het, al was my pens al klaar
so seer van die heeltyd inhou terwyl Steve naby my was. Was baie
inspirerend om hom te sien buk om strek oefeninge te doen!!
Gaan n FANTASTIESE week wees, kan nie wag vir môre nie!!
*DINSDAG*:
Ek moes hele pot koffie gedrink het, maar het wel uiteindelik die huis
verlaat. Steve het my maak op my rug lê en n yster paal in die lug hou
bo my gesig… en toe sit hy gewigte ook op die paal!! My bene was baie
bewerig op die treadmill, ek het amper 'n hele 5 minute gedoen. Steve se
mooi glimlag het dit die moeite werd gemaak!
Ek voel WONDERLIK!! Dit is n nuwe lewe vir my!
*WOENSDAG*:
Die enigste manier om my tande te borsel, was om die tandeborsel op die
wasbak te sit en my mond heen en weer te beweeg daaroor. Ek dink altwee
my tiet spiere is geskeur!! Om te bestuur was oraait, solank ek nie hoef
te gedraai het of briek te trap nie. Ek het bo-op iemand se motor fiets
gestop by die gym. Steve was baie kortaf met my, het aangedring dat my
gegillery pla die ander mense in die gym. Sy stem is gans en al te
'perky' so vroeg in die more. Hy irriteer my!
My bors brand as ek op die treadmill klim, so Steve het my laat oefen op
die 'stair monster'. Vir wat de fok sal iemand 'n masjien maak wat jou
laat dink jy klim trappe? Niemand klim meer trappe nie, dis hoekom ons
huisbakke het. Steve reken dit sal my help om n sexy lyf te kry en hy
het ook n klomp ander kak gesê.
*DONDERDAG*:
Steve het vir my gewag met sy Doberman-tande wat by sy dun lippies uit
gesteek het. Ek kon nie help dat ek 'n half uur laat was nie, dit is hoe
lank dit my geneem het om my tekkies vas te maak. Steve het my laat
oefen met dumbbells. Toe hy nie gekyk het nie, het ek gaan weg kruip in
die mans toilet.
Vir my straf het my op die 'rowing' masjien gesit…ek het gesink!!
*VRYDAG*:
Ek haat daai doos Steve so baie. Dink nie een mens het al ooit 'n ander
mens so baie gehaat in die hele geskiedenis van die wereld nie.
Onnosele, maergat, anoreksiese ottergevreet!. As daar 'n deel van my lyf
was wat nie onophoudelik gepyn het nie, sou ek hom daarmee gemoer het.
Steve wou gehad het ek moes werk aan my triceps. Ek het nie fokken
triceps nie!
En as hy nie gate in die vloer wou gehad het nie, dan moes hy nie vir my
die donnerse barbells gegee het nie. Of enige iets wat swaerder as 'n
toebroodjie is nie!
Die treadmill het my afgegooi en ek het op my gesig geval.
*SATERDAG*:
Steve het 'n boodskap op my selfoon gelos in sy rasperige stem wat my
oordromme laat bloei het. Wou weet hoekom ek nie kom oefen het nie. Toe
ek hom hoor wou ek my selfoon stukkend gooi, maar ek het niks krag gehad
nie. Alles het gepyn! Al wat ek kon doen was om my pinkie te gebruik om
die tv remote te druk. Het heeldag soapies gekyk.
*SONDAG*:
Die kerk se bussie gaan my kom oplaai vir die diens. Gaan om dankie te
sê dat die week verby is en om te bid dat, Werner (die fokker) vir my n
beter geskenk sal gee volgende jaar!

0 comments:

© 2006 onwards The HMVH Corporation BBS Online.
Any part of the content or the blog may be reproduced without prior written permission... ons gee nie 'n fok om nie!